Welkom

Ray Dylan is reeds ferm gevestig as een van Suid-Afrika se gunsteling stemme en sy nuutste album, “Uitbasuin” – met hartslirieke, kraakvars melodieë en meesleurende ritmes – maak dit opnuut duidelik waarom!

  1. Ek Sal Jou moet laat gaan Ray Dylan 1:00
  2. My Angel Face Ray Dylan 1:00
  3. Warm Girls En Koue Bier Ray Dylan 1:00
  4. You Got It Ray Dylan 1:00
rock

Bespreek Ray Dylan Vandag!!

Biografie

team member

Ray Dylan

Sanger en Liedjieskryer

Ray Dylan is jare lank al stewig in die Suid-Afrikanse musiekbedryf gevestig. Hy glo egter sterk in vernuwing en kontinuïteit. Ray slaag altyd daarin om mense te vermaak en sy nuuste album, “Country Vibes”, is ‘n sprekende voorbeeld van sy toewyding aan sy lojale aanhangers! “Country Vibes” bestaan uit 19 liedjies, soos “Forever Young, Sancta Maria, Beautiful War en Stuck on You” om slegs ‘n paar te noem – nie almal noodwendig eg “country” nie, maar met ‘n baie duidelike “country”-aanslag – soos net Ray Dylan kán!

Hy is een van die veelsydigste sangers in die bedryf! Hoewel hy tans ook ten opsigte van produksies en promosies diversifiseer, gebruik hy steeds sy geseënde stemtalent. Ray kry dit keer op keer reg om sy aanhangers met sy unieke stem en ongelooflike talent met die kitaar, elektries en ander, geïnteresseerd te hou. Hy beskik oor ‘n geweldige wye repertoire.

In sy beginjare het hy by baie verskillende “venues” opgetree. Hierdie harde werk het in goue en selfs dubbelplatinumstatus-treffers en-albums gekulmineer. Deesdae is hy bekend as een van die min kunstenaars wat verskeie genres bemeester het, insluitend “country”-liedjies. Liedjies wat geensins enige bekendstelling verg nie, is treffers soos “Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Jessica, Hier binne klop ‘n Boerehart, Angel-face, You’re my everything, Vir ewig jonk, Uitbasuin, Hier teen jou lyf” ensovoorts.

As dit wat deur jou are vloei nog altyd “country”-musiekbloed was, is Ray se nuwe album ‘n absolute moet-hê!

“Country Vibes” is vanaf 20 September 2019 in alle musiekwinkels beskikbaar en kan ook vanaf Oktober 2019 op alle digitale platforms bekom word. Hierdie album beloof om net soveel genot soos enige van sy ander werke te verskaf.

 

Although firmly established in the South African music industry Ray Dylan strongly believes in innovation and continuity. Never failing to entertain, his latest album, “Country Vibes” is a perfect example of his commitment to his many fans! “Country Vibes” is made up of 19 tracks including hits such as “Forever Young, Sancta Maria, Beautiful War and Stuck on You” to mention only a few. Even though some of the songs on the album are not necessarily typical country, Ray Dylan has once again managed to incorporate strong country elements in each of his takes on this unique album!

He is an extremely versatile singer and, although he is also diversifying by means of producing and promoting, is blessed with a wonderful voice. This he enthusiastically combines with his immense talent for playing the guitar, electric and others, to keep fans interested in his wide repertoire.

His early years, doing gigs at many different venues, have culminated in many hits reaching gold and even double platinum status and covering many genres, even country songs. Songs that do not need any introduction include hits such as “Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Jessica, Hier binne klop ‘n Boerehart, Angel-face, You’re my everything, Vir ewig jonk, Uitbasuin, Hier teen jou lyf” etcetera.

If country gets your blood racing and your heart pumping Ray’s latest country album is a must have. “Country Vibes” is available in all leading music stores on 20 September 2019 and can also be obtained on digital platforms from October 2019. This album promises to be as entertaining as any of his previous works.

Kom Kuier Lekker Saam!

21 Sep 2019 Montagu — Doringlaagte
22 Sep 2019 Durbanville, CT — Die Boer
23 Sep 2019 Durbanville, CT — Die Boer
25 Sep 2019 Durbanville, CT — Die Boer
26 Sep 2019 Langebaan — Die Watergat
27 Sep 2019 Strand, Western Cape ( SA ) — Springbok Blues

View all dates

Foto’s

Stay up to date!

Subscribe to our newsletter and be the first to know about our latest news and updates!

Nuutste Instagram Foto’s

Kontak En Bespreek